Gideon Grobbelaar en Elrie Byleveld van Mo-
dimolle het op Saterdag 15 Augustus die knoop deurgehaak by die Verloren-landgoed tussen Modimolle en Bela-Bela. Gideon bedryf sy eie boekhoupraktyk en Elrie is ontvangsdame by die oogkundige Rob Emmerich, wat voorheen Charl van Rooyen Oogkundiges was.
Mense mag ingevolge die inperkingsmaatreëls weer kerkbyeenkomste bywoon, hoewel onder streng voorwaardes. Die Afrikaanse Protestante Kerk (AP-kerk) in Bela-Bela het met innoverende planne vorendag gekom om die kerk se bedryfsuitgawes te betaal. Ds. Pieter Malan, leraar, het gesê hulle is baie dankbaar vir ruim skenkings wat hulle ontvang het. Dit stel hulle in staat om kos aan mense in nood te verskaf, maar ook om produkte teen baie bekostigbare pryse aan die gemeenskap beskikbaar te stel. Op die foto is Mary Stoltz (gemeentelid) by van die vars groente wat onlangs aan die kerk geskenk is om verkoop te word. Inwoners is welkom om die kerk in Huilboslaan te besoek vir winskopies. Daar is ook vleisprodukte beskikbaar.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.