Home/Galleries/Community galleries/Geite en giere… Community galleries Geite en giere… Wat gebeur in- en om die Waterberg? March 24, 2024 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print Warmpatat: Die Vryheidsfront Plus (VF Plus) se plakkate in Bela-Bela is van die pale afgeruk en geskeur. Dit laat mens altyd wonder watter kwajongens kan hul hande nie van publieke eiendom afhou nie? Ag nee man, jy mors geld! Die Pos het met JeeDee Cloete, Vryheidsfront-kandidaat gepraat en hy het gesê dat hul die plakkate voortaan hoër sal opsit, maar dat kwaaddoeners nie skotvry gaan wegkom nie, want daar is beeldmateriaal op veiligheidskameras in die omgewing, wat nagegaan word. Die Reitzstraat-park wat altyd as ’n bate beskou is vir die inwoners van Bela-Bela, het ’n doring in die vlees geword. Die verval in die park is merkbaar omdat geen onderhoud daar gedoen word nie. Voorts het munisipale amptenare dit nou hul uitspanplek gemaak en lê die rooi en wit kartonhouers van ’n gewilde hoender wegneemete-onderneming oral rond wanneer hul na ete aanmeld vir diens. ’n Mens sou wou dink dat as die vullisdromme deur bepaalde amptenare skoongemaak is, sou hierdie mense immers die rommel in die houers gooi, maar helaas nie! Ondersteuners van die DA het op Vrydag, 15 Maart onder leiding van raadslid Andries van der Heyde ingespring en die park opgeruim. Hier is Theunis Knoesen en Jan Pienaar aan die werk. Van der Heyde vra dat inwoners wat gereeld daar verby gaan, hom gerus kan laat weet as die park weer agteruitgaan. “Ons as inwoners moet eienaarskap vat van dit wat vir ons kosbaar is.” At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading! Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here. March 24, 2024 Die Pos-span / The Post team Less than a minute Facebook X LinkedIn Tumblr Pinterest WhatsApp Telegram Share via Email Print