Jan Pienaar en Archibald Kekana, vrywilligers van die DA, werk hard daaraan om die Reitzstraat-parkie skoon en netjies te hou. Verseker ’n pluimpie vir die manne wat onverpoosd in die warm son werk. Maar net soveel as wat mense goed doen en die dorp weer wil opbou, is daar ander wat net wil afbreek. Op Maandag 25 Maart helder oordag het vandale die steengebou wat die kleedkamers in die park huisves geplunder en van die dakbalke probeer steel. ’n Wakker inwoner het hul gesien en die buurtwag in kennis gestel.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.