Inentingsgids: Covid-19
Is jy in die duister gelaat van hoe die prosedure werk as jy wil gaan vir jou Covid-19-inenting en ook nie seker is waar jy moet aansoek doen daarvoor nie?
Daar is soveel vrae rondom die prosedure wat gevolg moet word as jy wil registreer vir jou Covid-19-inenting. Hoe moet ek registreer? Waarheen moet ek gaan vir my inenting? Hoe gemaak as ek Covid-19-simptome toon? Die Pos antwoord graag hierdie kwelvrae.
Hoe om te registreer vir Covid-19-inenting
As jy 18 jaar en ouer is, kan jy nou registreer vir inenting.
Gaan na https://vaccine.enroll.health.gov.za/#/, bel *134*832*jou id-nommer# van jou selfoon af of WhatsApp REGISTER na 060-012-3456.
Waar kan ek gaan vir my Covid-19-inenting?
Nádat jy geregistreer het, word jy per SMS inkennis gestel van die dag, tyd en plek van inenting. Moet nooit vir ‘n COVID-19-inenting gaan sonder om op die EVDS te registreer en van ‘n inentingsentrum op die geakkrediteerde lys gebruik te maak nie.
KOSTES: Die Covid-19-intenting is heeltemal gratis. Indien jy by ’n mediese skema geregistreer is sal die inentingsentrum die koste van die inenting en administrasiefooi direk van jou mediese skema verhaal.
PROSEDURE: Sodra jy by die inentingsentrum opdaag moet die nodige dokumentasie ingevul word alvorens jy jou inenting mag ontvang.
Moontlike newe-effekte van ’n Covid-19-inenting
COVID-19-inentings kan matige newe-effekte veroorsaak, soos pyn, rooiheid of swelsel waar die inenting toegedien is, koors, moegheid, kopseer, kouekoors en spier- of gewrigspyn. Hierdie newe-effekte is normale tekens dat u immuunstelsel beskerming teen die virus bou.
Newe-effekte kom meestal binne drie dae na die inenting voor en duur gewoonlik vir slegs ‘n dag of twee.
Kan die inenting my COVID-19 gee?
Nee, die inenting kan jou nie die virus gee nie. Entstowwe gaan deur ’n hele aantal toetse en proewe om te bevestig dat dit veilig is.
As jy tans Covid-19 het, moet jy wag totdat jy van die aanvanklike siekte herstel het en jou isolasietydperk voltooi het voordat jy ingeënt word.
Is Covid-19-entstowwe veilig?
Alle Covid-19-entstowwe wat gebruik word, is verskeie kere getoets om veiligheid te verseker en is spesiaal ontwerp om te kyk vir enige algemene newe-effekte en veiligheidskwessies, insluitend die dominante Covid-19-variant in Suid-Afrika.
Covid-19-simptome:
Waar kan ek ’n
toets laat doen?
Laat jouself toets vir Covid-19 as jy koors of ‘n seer keel het, hoes of kortasem is, – selfs al is jou simptome gering.
WAAR KAN EK MYSELF LAAT TOETS?
Gaan na jou naaste hospitaal, kliniek, apteek of dokter. Koste verskil van plek tot plek. Jy behoort binne 24 uur jou toetsuitslae per SMS te ontvang.
ISOLASIE:
Sodra jy jou toets gehad het, gaan reguit huis toe en bly tuis tot jy jou uitslag gekry het – gewoonlik teen die volgende dag. Indien jy positief toets moet jy jouself vir ten minste 10 dae isoleer. Bly weg van ander mense om te keer dat die virus versprei en maak seker jy ontsmet alles waarmee jy in kontak kom.
Vaccination Sites: Waterberg Region
BELA-BELA:
- Medlin Pharmacy:
Shop 26, Bushveld Centre, Cnr Marx & Potgieter Street - Van Heerden Pharmacy:
Shop 26, Bushveld Centre, Cnr Marx & Potgieter Street - Van Heerden Pharmacy & Medicine Depot:
25 Chris Hani Drive - Warmbaths Hospital
- Warmbaths Team A
MODIMOLLE:
- Clicks Pharmacy:
Cnr Thabo Mbeki Drive and River Street, Modi Mall - Van Heerden Pharmacy:
Cnr Thabo Mbeki Drive and River Street, Modi Mall - Van Heerden Pharmacy:
Cnr Potgieter & Meininger Streets - FH Odendaal Hospital
- MDR Hospital
- DOH Clinic (Modimolle)
- DOH Clinic (Phagameng)
VAALWATER:
- Vaalwater Municipal Clinic:
Temporary
MOOKGOPHONG:
- Local Choice Pharmacy:
70 Thabo Mbeki Street - Mookgophong Clinic:
Mookgophong Township
THABAZIMBI:
- Van Heerden Pharmacy:
Warmbath Road - Clicks Pharmacy:
Shop 41, Thaba Mall. Cnr R510 and Warmbath Road - Thabazimbi Hospital
- Thabazimbi Team A