Lifestyle: Dekor

Daar is ‘n rooi voor­deur en blou bot­tels in die ven­ster­bank, vro­li­ke har­te pryk teen die bak­steen­muur en ‘n heer­li­ke kof­fie­aro­ma vul die lug.
Ma­rie­tjie van Nie­kerk van Mo­ok­go­phong nooi ons in en ek neem som­mer da­de­lik ‘n foto van die fyn vrou­tjie by haar vro­li­ke voor­deur. Sy is ‘n on­der­wy­ser in murg en been en om skep­pend te wees, is haar pas­sie. Van die in­gangs­por­taal­tjie tot in el­ke ver­trek, kan haar lief­de vir haar man, kin­ders en klein­kin­ders op­ge­merk word.

“Ek is mal oor kleur en is ‘n ‘or­de­li­ke’ reg­ter­brein,” ver­tel sy lag­gend.
El­ke ver­trek het ‘n sto­rie wat vir een van haar ge­sins­le­de be­doel is. Die fee­tjie­ka­mer is vir Ka­ren en Leah, die twee klein­dog­ters. Die nguni­ka­mer is vir Ma­ry­ke, haar dog­ter, en die ka­mer met die boom vir Zak en Pe­tro, wat die groei in hul hu­we­lik ver­teen­woor­dig.

“Die boom is vir hul­le wat ge­wor­tel moet wees in stand­vas­tig­heid en saam moet groei in hul hu­we­lik,” het sy aan Die Pos ge­sê. Die ngu­ni het sy teen die muur ge­verf so­dat sy dit nie kan ver­koop nie. “Ek is mal oor ngu­ni’s en el­ke keer as ek een skil­der, dan ver­koop ek hom, nou bly hy net daar,” het sy by­ge­voeg.

El­ke ka­mer in die huis se te­ma is goed deur­dink en is haar en haar man en bes­te vriend, Phi­lip, se han­de­werk. “Die fee­tjie­ka­mer was vir my die lek­ker­ste pro­jek en as ek saans die lig­gies aan­ska­kel ver­beel ek my soms dat ek hul­le kan hoor,” het sy glim­lag­gend ver­tel.
Van Nie­kerk se skil­de­rye hang oral in haar huis en pas per­fek by el­ke ver­trek.

Haar guns­te­ling is die skil­de­ry van ‘n eng­el teen haar slaap­ka­mer se muur. “Sy is baie soos ek, sy wys die broos­heid, wys dat sy soms wil weg­vlieg, maar ook die sagt­heid en die kaal­voete op die klip wys sterk­te,” het sy ver­tel oor dié be­son­de­re skil­de­ry.

Sy het bui­te Pot­chef­stroom by haar ou­ma groot­ge­word en sy het met groot heim­wee ver­tel van haar kin­der­ja­re van bui­te speel, boom­klim en moer­beie eet. Sy het Phi­lip ont­moet ter­wyl hy in die weer­mag was in Pot­chef­stroom en sy in Hoër Volk­skool in die dorp. Hul­le bly al 18 jaar in Mo­ok­go­phong en haar idees en en­toe­sias­me om haar huis mooi te maak, sal nooit op­hou nie.

Back to top button