Lifestyle: Food

DIE POS SE ONTVANGSDAME, KOTIE WAGNER,
IS BEKEND VIR HAAR HEERLIKE GEBAK.
Sy het hierdie vrugterepieresep met ons gedeel.
BESTANDDELE:
- 1 pakkie tennisbeskuitjies
- 250 ml vrugtekoekmengsel
- 15 kersies in kwarte gesny
- 100 ml stukkies gemmer
- 125 g margarien
- 125 ml suiker
- 1 eier
- 2 ml vanieljegeursel
METODE:
- Pak die helfte van die koekies in ’n tertbak (reghoekig).
- Smelt botter en suiker oor lae hitte en voeg vrugte by.
- Kook stadig vir ongeveer 10 minute.
- Roer geklitste eier vinnig by sodat dit nie skif nie.
- Verwyder van hitte.
- Roer oorblywende gebreekte koekies in.
- Skep in tertbak en druk gelyk.
- Sodra afgekoel bêre in die yskas.
- Sny in repies of blokkies.
Wenk...
Die vrugtekoekmengsel is geneig om droog te raak. Berg dit in ‘n Consol-fles en gooi brandewyn of whisky oor. Gebruik die vrugte wat so “besope” is en laat die vanielje weg. Dit is lekkerder as die gewone vrugte. Die vrugte en kersies kan ook aangevul word met versuikerde vrugte of meer vrugte. Dit maak dit nog lekkerder. Die vrugte wat so in die brandewyn geberg is, is ook lekker in ‘n appeltert.