Lifestyle: Weddings

Vir die laaste sei­soen of vyf was goud by verre die gewild­ste metaal onder bruide, en die trou­wê­reld het som­mer weer van voor af hals­oor­kop op dié skit­terende ele­ment ver­lief geraak.
Geel­goud het egter na die agter­sit­plek verskuif om plek te maak vir die minder bekende en meer rustieke sussie, roos­goud.
Díé tref­fen­de metaal is ‘n allooi van geel­goud en koper wat dus die ken­mer­kende roos­kleurige skyn­sel daarvan ver­duidelik. Net soos met geel­goud, kom roos­goud in ‘n wye verskei­den­heid skake­rings voor en bruids­pare wat op die uit­kyk is vir ‘n spesiale juweel­stuk het dus die opsie om met verskeie skake­rings rond te speel.
Bo en behalwe die trou­ringe, is daar verskeie ma­niere waarop roosgoud benut kan word: metaal­kleurige versier­suiker is deesdae ‘n groot treffer onder koek­ontwer­pers — hetsy dit klein tikkies roos­goud hier en daar is, of ‘n troukoek wat van bo tot onder in metaal­kleurige room bedek is.

Versier kol­wyntjies, petit fours en makrolletjies met roos­goud koek­blin­kertjies.
Vervolmaak die bruids­ensemble met roos­goud juweliers­ware en bykom­stighede, asook skoene en naellak vir daardie ekstra tikkie glin­ster en glans.
Roosgoud sequins is maklik bekom­baar en is ‘n bekos­tigbare manier om die tema verder te voer. Strooi dit op die gaste­tafels en op die dans­vloer, en gebruik dit as kon­fet­ti.
Belê in ‘n blikkie roos­goud spuit­verf en maak “metaal”vase uit ou glaspotte.
Om die tema verder te uit te bou, kies sagte roos­pienk en roomkleurige blomme vir die ruikers — byvoorbeeld peonies, angeliere en rose.
Versier die gasteta­fels met subtiele dog treffende tikkies roos­goud in die vorm van onder­borde, kande­lare en tafel­lopers.

 

Foto’s: Pinterest

Back to top button