AdvertorialNews

Pretdag vir skoolseun se rugbydrome

Ruben Schmidt (18) , ’n matriek­leer­der aan Hoërskool Hans Strij­dom, het al vroeg in sy hoër­skool­loop­baan groot rugby­drome gehad.

Dié kranige rugby­spe­ler was as haker in die nommer twee trui een van die Han­sies se top­spelers en is onder meer vanjaar tydens die Mauritz Hansen-rugby­week drie keer as speler van die wed­stryd aan­ge­wys.

Ruben het nou die geleent­heid gekry om aanstaande jaar by die Blou Bulle Tuks Rugby Akademie aan te sluit. Baie van die Blou Bulle se spelers het hul rugby­loop­baan by dié akademie begin en Ruben hoop om eendag ’n Blou Bul-trui oor sy kop te trek.

Die uit­gawes om by die akademie aan te sluit, is egter baie hoog en hy moet self die geld bymekaar maak om sy droom te gaan uit­leef.

’n Groot fonds­insamelings­pro­jek word op Vrydag 6 Desember by Wees­ge­rus-vakan­sie­oord buite Modimolle vir Ruben gehou.

Die dag skop reeds om 07:00 af met ’n groot mark. Wees­gerus is op die betrokke datum reeds vol bespreek met vakan­sie­gan­gers en uit­stallers word genooi om stal­letjies vir die dag te huur.

Stalletjies aan die buitekant van die saal kos R750 en binne in die saal is dit R1 000. Geen kos­stalle­tjies word toegelaat nie (die oord verkoop self heer­like etes), maar uitstallers wat gebakte produk­te soos beskuit wil verkoop, kan aansoek doen.

Die bekende kun­ste­naar Chris Else tree die aand om 19:00 by Wees­gerus op. Kaartjies kos R150 vir vol­wassenes R80 per kind.

Else het ook ’n getekende Wêreld­beker-rugbytrui van die Austra­liese span, wat deur die spelers van die 2001-wêreld­kampioenskap geteken is, geskenk. Dié trui sal tydens die geleent­heid deur Freddie Brey­ten­bach Af­slaers op­ge­veil word.

’n Weldoener, Leandi Maritz van Moko­pane, het aan Ruben ’n kitaar wat deur verskeie bekende Suid-Afrikaanse kun­stenaars geteken is, geskenk en die Jacaranda FM-omroeper van die “Good morning Angels”-program, Dianne Broodryk, het onderneem om te help om die kitaar van die hand te sit sodat geld vir Ruben se rugby­loop­baan in­ge­sa­mel kan word.

Uitstallers wat ’n stalle­tjie wil bespreek of mense wat kaartjies vir Else se vertoning wil bespreek of inligting verlang oor die gete­kende kitaar, kan vir Stephnie Eras­mus bel by tel. 073 043 6050 of stuur ’n e-pos na brandzbotique@gmail.com(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button