Dié dag herdenk konsentrasiekampe
Inwoners in die Waterberg word uitgenooi om die herdenking van konsentrasiekampe op Maandag, 17 Junie by die kampkerkhof in Modimolle by te woon.

Dié dag word gereël deur AfriForum, die VF Plus en die FAK en die byeenkoms vind van 10:00 tot 12:00 plaas op die hoek van Thabo Mbeki-rylaan en Odendaalstraat in Modimolle. Besoekers kan blomme of kranse by die begraafplaas kom lê en hul kampstoele en ’n fles met boeretroos saambring.
Op die dag dink ons terug aan die instelling van Brittanje se verskroeide-aarde-beleid op 16 Junie 1900, wat tot gevolg gehad het dat ’n geraamde 30 000 huise van Boere tydens die Anglo-
Boereoorlog afgebrand is in ’n poging om die verskaffing van proviand aan die soldate te keer.
Die konsentrasiekamp in die voormalige Nylstroom was aktief van Mei 1901 tot Maart 1902 en daar is na raming 525 gevangenes dood.
Vir enige navrae, kontak Charles Meyer by tel. 076 68 88782 of stuur ’n e-pos aan [email protected] of skakel Marita Louw by tel 083 273 4538.