CarsEntertainmentMotoringNewsSport

Hankook Land Cruiser-fees kook weer

Wat is dan nou beter om ’n koue winteroggend op te warm, as ’n fees wat kook!

Vanjaar se Land Cruiser Fees wat van 7 tot 8 Junie op Sondela-natuurreservaat en Spa, buite Bela-Bela gehou is, het behoorlik uit sy nate gebars. Hankook wat reeds vyf jaar die hoofborg van dié fees is, was baie in hul noppies toe die Afrika-rekord gespat het.

Volgens verifiëring van SA Record Books was daar 557 Toyota Land Cruisers teenwoordig, wat dit die meeste van hierdie voertuie maak, wat op een dag, op een perseel, bymekaar gekom het in Afrika. Die vorige rekord bestaan al sedert 2019, en daardie jaar was die totaal 523 voertuie.

Die Toyota’s kon weer daarin slaag om die woord Land Cruiser uit te spel op die Sondela-vlakte. Die organisasie van Marius Opperman en die span van Trio Events was soos altyd van hoogstaande gehalte. Hulle het gesorg vir ’n uithaler fees met uitstaande vermaak en interessante stalletjies waar almal na hartelus kon gaan snuffel.

Afgesien van al die Toyota Land Cruisers op die perseel, het uitstallers ook die petrolkoppe, (of is dit nou diesel koppe?) se monde laat water met allerhande tierlantyntjies, bybehore en modifikasies vir hul voertuie. Onder die borge wat

Land Cruiser-eienaars se wilskrag getoets het om nie hul beursies uit te haal nie, was Kampmal, Camp & Live, Lekker Kampplekke, Quickshade en GT Camper.

In hierdie feestelike atmosfeer op die heerlike wintersoggend in die Bosveld, het LA Sport van Pretoria gesorg dat die enjins brul, en die modder spat. Hulle het ’n dag vol opwinding gewaarborg in die Cruiser Action Area, waar deelnemers mekaar kon uitdaag vir ’n snel-wedren (drag race).

Die 4×4 Mud Bog het vir emmers vol modderige pret gesorg. Die waaghalse kon ook die 4×4-hindernisbaan aandurf onder luide aanmoediging van die toeskouers. Die heuwel klim het menige deelnemer en ook die besoekers na hul asem laat snak. Of jy nou gewen of verloor het, die dag was propvol pret! Oud en jonk is dit eens, daar was baie om te sien en doen.

Land Cruiser-eienaars het ook om groot pryse meegeding. Op die Jimmy’s Sauces-verhoog is pryse uitgedeel vir “Best rigged Land Cruiser”; deelnemer aan die meeste Hankook-geleenthede,: oorspronklikste tema vir deelnemers; hoogste kilometer-lesing van die voertuie teenwoordig en watter voertuig en eienaar het die langste tog onderneem.

Na die prysuitdeling kon besoekers heerlik terugsit en ontspan met die voetstamp klanke van Leo Sonskyn, David Fourie en Sonè Joubert.
Marius en sy span bedank al die borge. Daar word nou uitgesien na die Kyknet Buite Ekspo wat vanaf Vrydag 26 – 28 Julie op dieselfde plek aangebied word.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button