NewsSport

Karatekas wys hul vaardigheid en ryg medaljes in

Die Kimura Shukokai Karate-klub van Mokopane was die afgelope maande baie bedrywig tussen toernooie en gradering in voorbereiding vir volgende jaar se Wêreld-toernooi in Finland.

Die junior karatekas het op Saterdag 11 Mei in Polokwane gewys wat in hulle steek en hulle graderings met groot sukses voltooi. Elke karate student se vordering word streng gemeet volgens hulle vermoë om voortdurend die basiese tegnieke en styl van Shukokai te verbeter. Indien die Sensei (afrigter) tevrede is met ’n karateka se vordering, mag hul deelneem aan graderings.

Wanneer die gradering suksesvol is, word ’n nuwe “kuy” (kleur karate gordel) aan hulle toegeken.

Juazelle Hamilton het op Saterdag 22 Junie in Johannesburg met lof opgradeer na ’n bruin belt.

Sensei Nalita Gouveia sê: “Die karatekas het almal baie hard gewerk in elkeen se gradering en die resultate was duidelik sigbaar in die vordering na hulle nuwe Kuy.”

Die Karate-klub het in Junie aan twee kompetisies deelgeneem. Die “Kimura Challenge” het gefokus op die impak en vegkuns van die sport, asook die tegniek wat karate beklemtoon.

Die jaarlikse Limpopo-kampioenskap het vir groot opwinding gesorg, waar deelnemers van regoor Limpopo en Zimbabwe, hul vernuf kom wys.

Volgens die twee Sensei’s van die klub, Leon van Veenhuizen en Nalita Gouveia, het die klub behoorlik die hef in die hand gehad. Die karatekas het hul vaardigheid in verskeie afdelings soos Kata, Kumite en Unison getoon en talle medaljes verower.

Hierdie kompetisies is als ter voorbereiding vir verdere toernooie, soos die nasionale kompetisie wat in September sal plaasvind en ook die Wêreld-toernooi in 2025.

Die klub se jong Bonsai karatekas het in Julie deelgeneem aan die Bushudo Cup-kompetisie.

Die Bonsai karatekas se ouderdom strek van 5 tot 13 jaar. Die jongspan het uitstekend presteer en spog met hul medalje-oes.

Sensei Nalita sê:

“Elke karateka kan getuig dat dit baie ure van sweet en dissipline verg om te presteer en niks kom sonder harde werk, fokus en motivering nie. Karate is nie net ’n sport nie, maar wel ’n kuns en leefstyl. Ons is trots op ons klublede se puik prestasies.”

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!

Related Articles

Back to top button