AdvertorialEntertainmentLifestyleSponsored

Springbok Boma vier 10 Jaar

Vandag is dit reeds tien jaar later en Springbok Boma, met Thys aan die stuur, gaan van krag tot krag en het nou die gewilde saamkomplek geword vir almal.

Vir inwoners en toeriste is die Springbok Boma-restaurant ’n bekende baken op die R101-pad net buite Bela-Bela.

In 2014 het Thys van Zyl (huidige eienaar) besluit om ’n bestaande restaurant oor te neem en sy eie stempel en karakter aan die gewilde eetplek te gee. Die naamsverande-ring van Zeemeeu na Kayanoster en later toe Thys oorgeneem het, na Springbok Boma behoort al ’n aanduiding te wees dat hier is groot rugby-entoesiaste en ondersteuners van die Springbokke.

Springbok Boma is ‘n feestelike familie restaurant.

Dit was net ’n jaar voor die Wêreldbeker Rugby 2015 in Londen, Brittanje sou afskop en Thys wou seker maak hy is ingerig en goed op dreef vir die talle wedstryde wat sou gespeel word in aanloop tot die eindstryd.

Vandag is dit reeds tien jaar later en Springbok Boma, met Thys aan die stuur, gaan van krag tot krag en het nou die gewilde saamkomplek geword vir almal wat van goeie kos hou en wat graag rugby op ’n groot skerm saam met ander ondersteuners geniet. Die Springbok Boma was al drie keer die plek waar plaaslike rugbyondersteuners die Springbokke aangemoedig het om die Wêreldbeker omhoog te hou.

Maar Springbok Boma gaan beslis nie net oor rugby nie. Die restaurant is baie gewild vir reünies, jaareindfunksies, troues en enige funksie waar ’n groep saam wil kuier oor ’n heerlike bord kos.

Tania Brits, MC van Zyl, en Thys van Zyl is aan die stuur by Springbok Boma.

Die bestuurspan bestaan uit Thys en sy seun, MC van Zyl, en MC se verloofde Tania Brits. Van die oorspronklike kombuispersoneel wat hy in 2014 hier gekry het, is na tien jaar steeds in sy diens.

Dit is lankal nie meer net ’n werksplek nie, maar het nou ’n restaurant-familie geword.

Baie van Suid-Afrika se bekendes is ou vriende en doen gereeld hier aan om te kuier en te smul aan hul gunsteling item op die spyskaart. Die voormalige swaargewig bokskampioen, Francois Botha, Springbok rugbylegende, Bismarck du Plessis en Pieter Koen, die sanger is van die bekendes wat hul name op die mure aangebring het. Die restaurant het ook ’n groot aanhang by buitelandse gaste en hul het besoekers van Skotland, Duitsland, België en Swede wat by meer as een geleentheid al kom kuier het.

Op Saterdag, 1 Junie bied Springbok Boma as deel van hul tiende verjaardag ’n gratis spitbraai aan. Besoekers van die omgewing is welkom om die dag saam met hul te kom geniet. Die enigste voorwaarde is dat gaste moet vooraf plek bespreek om die aantal gaste te bepaal en die vloeibare versnaperinge moet by die kroeg gekoop word. Volg hul gerus op hul Facebook-blad of ook op WhatsApp.

Thys se lewensfilosofie van moenie kommer oor wat more sal bring nie, leef vir vandag is kosbaar. Hy wil graag sy gereelde kliënte wat die afgelope tien jaar moontlik gemaak het, nooi om by hul feesvieringe aan te sluit.

Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button