AdvertorialEditor's choiceSponsored

Buite Ekspo Limpopo terug met mening by Sondela!

Die kykNET Buite-Ekspo Limpopo word weer vanaf Vrydag, 26 tot 28 Julie by Sondela-natuurreservaat en Spa net buite Bela-Bela aangebied.

Nie net bied hierdie terrein aan ons verskeie unieke geleenthede om die ekspo baie interessant te maak met nog vele aktiwiteite nie, maar is dit is ook slegs ongeveer 80 km vanaf Pretoria, reg langs die N1-snelweg by die Bela-Bela afrit!

kykNET se Buite-Ekspo by Sondéla natuurreservaat buite Bela-Bela, Limpopo is ‘n skouspel wat jy nie mag misloop nie.

Die opkoms by kykNET Buite-Ekspo Limpopo in Julie 2023 was ’n rekord getal van 18 658 besoekers wat dit by verreweg een van die grootste buitelewe ekspo’s van sy soort in Suid-Afrika maak.

Lus vir ‘n bietjie ‘woema’ in jou lewe? kykNET se Buite-Ekspo by Sondéla is net die plek waar jy wil wees! Foto: https://www.ekspo.co.za/limpopo-fotos

‘n Buitelug-extravaganza!

Hierdie geleentheid is spesifiek gemik op die buitelewe-, kampering- en 4×4-entoesias en die hele gesin is welkom. Dit is ’n volwaardige buitelewe leefstyl ekspo en bestaan nie net uit buitelewe uitstallers wat die heel nuutste produkte op ’n baie unieke manier kom uitstal nie, maar bied ook baie opwindende aktiwiteite om die hele gesin besig te hou soos die Maxxis 4×4 ‘Extreme’ uitdading mag inskryf om deel te neem), André de Villiers van André 4×4 se hindernis ritte, veldrenritte en Urban Trax ervarings saam met Waterberg Toyota en Capital Air helikopter ritte.

’n GT-Camper. Foto verskaf

Oppie ‘ball’ met rugby

Iets heel nuut hierdie jaar is die GT Camper Chasing the Bush rugby besprekingspaneel. Daar sal verskeie Springbok rugby legendes betrokke wees en Pieter Smith sal gedurende die program vir die vermaak sorg. Gedurende die dag tree daar ook puik kunstenaars op, soos onder andere Pieter Smith, Fatman (Johan Brummer), Sone Joubert, Dozi, Irene-Louise van Wyk, David Fourie, Deon Groot en Liezel Pieters met Riaan Grobler wat die naweek se pittige seremoniemeester is – almal geborg deur Hankook Tyres.

Duisende mense stroom elke jaar na die kykNET Buite-Ekspo op Sondéla. Foto: https://www.ekspo.co.za/limpopo-fotos

Ons kondig dan ook met trots aan die heel eerste PlusNet Agri Park aan waar landbou en die buitelewe ontmoet en glo dat dit gaan groei tot iets baie groot in die toekoms.

‘Celebs galore!’

kykNET se aktivering waar kykNET persoonlikhede aan ’n baie spesiale braaikompetisie deelneem, aangebied deur Jimmy’s Steakhouse Sauces is uiters gewild aangesien die publiek op ’n baie unieke manier kan skouers skuur met hulle gunsteling kykNET-persoonlikhede en ook deelneem aan die pret!

4×4-aanhangers kan gerus kom draai om na die nuutste ‘speelgoed’ te kom kyk. Foto: https://www.ekspo.co.za/limpopo-fotos

Vermaak vir oud en jonk

Die kinders word ook vermaak met ’n Just 4 Fun-pretpark asook ’n optrede van Bee Bee die by op die verhoog en ouers kan met gemoedsrus hulleself geniet.

Kom geniet ook ons gewilde kameelritte wat pret is vir oud en jonk. Daar is volop gekeurde kosverskaffers op die terrein met ’n groot Ketelkraal kroeg- en biertuin fasiliteit, asook ’n 1659 Wyn-en Kuiertuin, en moenie van ons GT Camper-kuns-en-snuffelmark vergeet nie.

GT Camper in samewerking met Trio Events bied dan ook die 4de kykNET Buite Ekspo Celeb–gholfdag aan by Silver Lakes in Pretoria op Dinsdag 23 Julie.

Kry jou kaartjies sommer nóú!

Kontak vir Elmien om deel te neem of as borge en aktiveerders betrokke te raak by tel. 072 588 1127 of e-pos elmien@expo-sure.co.za(.)
Besoek gerus www.ekspo.co.za vir meer inligting en om dagbesoekers kaartjies te koop deur TicketPro (ook beskikbaar by die hekke).
Enige navrae kan gerig word aan Tersia by accounts@ekspo.co.za of skakel haar direk op tel. 072 487 0000. Sien jul by die ekspo!

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button