CrimeNews

Don­kies vreet glo plas­tiek

“Geen don­kie moet aan rom­mel bloot­ge­stel word en dit as kos sien nie.”

Die Die­re­be­sker­mings­ver­e­ni­ging (DBV) se hulp is op Dinsdag 6 Augustus in­geroep nadat ’n inwo­ner van Bela-Bela glo op­gemerk het dat donkies by die muni­si­pale vullis­sterrein staan en plastiek vreet.

’n In­wo­ner wat besig was om rommel af te laai, het Die Pos se kantoor geskakel nadat sy foto’s geneem het van die donkies wat tussen die hope rommel soek vir iets om te vreet.

Ro­nel Kruis, be­stuur­der van die DBV in Mo­ko­pa­ne, het by na­vraag ge­sê dat hul­le van dié don­kies be­wus is.

“Ons het die saak aan die na­sio­na­le DBV oor­han­dig wat die ge­bied bin­ne­kort sal be­soek. Hul­le sal dan be­paal of daar te­kens van na­la­tig­heid of diere­mis­han­de­ling be­staan.”

Sy het ge­sê die eers­te stap is om die eie­naars van die diere op te spoor en hul­le in te lig oor wat diere­versorging in terme van wet­ge­wing behels.

“Indien daar te­kens is dat die die­re mis­han­del word en die eie­naars nie opgespoor kan word nie, kan die donkies na ’n vei­li­ge om­ge­wing ge­neem word,” het sy ge­sê. “Daar duik ge­reeld klag­tes in verskillende dorpe op van don­kies wat mis­­han­del word en bewe­rings dat don­kie-­eienaars nie goed na hul diere omsien nie.”

Kruis het by navraag gesê geen donkie mag binne ’n vullisterrein toegelaat word nie. Eienaars moet die diere buite die afgebakende gebied in die hande van ’n oppasser laat.

“Geen don­kie moet aan rom­mel bloot­ge­stel word en dit as kos sien nie. Eienaars wat hul diere bloot­stel aan mishandeling of wanvoeding, kan deur die DBV vervolg word. Geen klagte van mishandeling kan deur die DBV geweier word nie,” het Kruis ge­sê.

“Die gebied wat ons van­uit Mo­ko­pa­ne moet bedien is wyd en ’n logistieke uitdaging. Indien ons as die plaas­li­ke DBV nie by ’n klag­te kan uit­kom nie, ver­wys ons dit na ons hoof­kan­toor.”

  • ’n Be­la-Be­la-in­wo­ner, Pan­ki Mo­ra­ke (30), is be­gin Ju­lie deur die Be­la-Be­la-land­dros­hof ’n ste­wi­ge boe­te op­ge­lê na­dat die hof be­vind het dat hy skul­dig is aan die­re­mis­han­de­ling.

Die klag is deur Pie­ter Wag­ner, be­ken­de sa­ke­man in die dorp, g­elê na­dat hy die ver­waar­loos­de die­re in Van der Mer­we­straat aan­ge­tref het.

Die don­kies was vol kneus­mer­ke, het oop won­de ge­had en was on­der­voed.

Mo­ra­ke het ’n boe­te van R3 000 be­taal, maar het nie sy don­kies te­rug­ge­kry nie. Die don­kies is na die DBV in Sil­ver­ton, Pre­to­ria, ge­neem waar daar na hulle om­ge­sien word.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button