
Volgens die polisie het die voorval by die Legit-klerewinkel plaasgevind.
Die vrou (32) het volgens die polisie ’n baba vasgehou. ’n Vriendin was saam met hulle.
Die oomblik toe die veiligheidswagte haar begin agtervolg het, het sy volgens die polisie die broeke, wat sy probeer wegsteek het, laat val. Haar naam word weerhou om die identiteit van haar kind te beskerm.
Sy het reeds vlugtig in die Bela-Bela-landdroshof verskyn op aanklag van winkeldiefstal. Volgens die polisie is sy vermoedelik ’n onwettige immigrant.
Die vriendin is nie aangekla nie en die baba is in haar sorg gelaat.
Die vrou verskyn weer op Donderdag 24 Oktober in die hof. Sy bly intussen in aanhouding.
- Die polisie is tans besig met ’n bewusmakingsveldtog om winkeleienaars en die publiek in te lig oor nuwe misdaadtendense. Die publiek word ingelig oor voorkomende optrede, asook oor optrede indien hulle wel ’n slagoffer van misdaad word, het sers. Frans Maponya, Bela-Bela-polisiewoordvoerder, gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.