CrimeNews

Beloning aan familielid toegeken

Maripa is by sy suster se huis in die Reabetswe-dorpie in Witpoort buite Lephalale aangekeer.

Die groot beloning van R10 000 wat deur die Die Wasps-veiligheidsgroep uitgeloof is vir die inhegtenisname van die man wat daarvan verdink word dat hy die bejaarde Trudie Grebe (73) van Modimolle vermoor het, is aan ’n familielid van hom betaal, het die groep bevestig.

Mmakwena Morris Maripa (51) is ná ’n week lange soektog vasgetrek nadat Grebe op Vrydagoggend 23 Augustus met noodlottige meswonde agter in haar erf in Emmastraat gevind is.

Maripa is by sy suster se huis in die Reabetswe-dorpie in Witpoort buite Lephalale aangekeer.

Maripa het glo vroeër tuinwerk vir Grebe gedoen. Haar verswakte man, Dolf, was tydens die aanval in die huis, maar het niks gehoor nie.

Tydens Maripa se eerste hofverskyning het die staat gesê hulle wag op die uitslae van DNS-toetse. Hy verskyn weer op Dinsdag 17 Desember in die hof.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button