CrimeNews

Net span stywer om vyf verdagtes

Die po­li­sie het die wêreld nóg warmer gemaak vir die vyf ver­dag­tes wat ver­moe­de­lik ver­ant­woor­de­lik was vir ’n vlaag dief­stal­le op pla­se in die om­ge­wing van Bela-Bela, Modi­mol­le en Vaal­wa­ter.

Vyf mans is op Vrydag 18 Ok­to­ber in heg­te­nis ge­neem na­dat die beeld­ma­te­riaal van die vei­lig­heids­ka­me­ras tus­sen Modi­mol­le en Bela-Bela na bewering aan die Mo­di­mol­le-po­li­sie ver­klik het dat hul voer­tuig tel­kens ná ’n dief­stal op dié pad ge­ry het.

Die po­li­sie, met die hulp van die ge­meen­skaps­po­li­siërings­fo­rums (GPF) van Modi­mol­le en Bela-Bela, het die mans op die R101- en die Eers­bewoond­-pad voorgelê en die vyf in heg­te­nis ge­neem.

Volgens die polisie is vermoedelik gesteelde items ter waarde van sowat R244 800 in hul besit gevind. Dit sluit onder meer plat­­skerm­te­le­vi­sies, elek­trie­se ge­reed­skap, ’n swys­ma­sjien en drie mo­tor­fiet­se in.

Volgens AO James Find­lay, woord­voer­der van die Mo­di­mol­le-po­li­sie, het die Mo­di­mol­le-po­li­sie op Dins­dag 22 Ok­to­ber, in sa­me­wer­king met maj. genl. Vincent Le­sha­bane, dis­triks­kom­mis­saris in Ekur­hu­le­ni, en le­de van die Ekur­hu­le­ni-po­lisie, op die ver­dag­tes se hui­se in Ivory Park in Tem­bisa toegeslaan.

Daar is be­slag ge­lê op ses plat­skerm­tele­vi­sies, ’n reke­naar­skerm, ’n ge­reedskap­kis, ’n Le­no­vo-skoot­re­ke­naar, ’n Ryobi-skuur­der, kamp­stoe­le, ’n Buffalo-kamo­fleer­baad­jie en Sam­sung- en LG-har­de­sky­we. Volgens die polisie is al dié items ver­moe­delik gesteel.

“Ons gaan die reg­ma­ti­ge eie­naars van die goe­de­re pro­beer op­spoor,” het Find­lay ge­sê.

Die ver­dag­tes, ’n Suid-Afri­ka­ner en vier Mo­sam­biek­se bur­gers, sal weer op Don­der­dag 31 Ok­to­ber in die hof in Modi­mol­le ver­skyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button