CrimeNews

Man sterf kort ná ie­mand hom glo vas­druk

’n Man van Be­la-Be­la is op Maan­dag 4 No­vem­ber in die Warm­bad-hos­pi­taal dood na­dat hy glo die­self­de dag deur ’n omstander in Chris Ha­ni­weg vas­ge­druk is.

Jur­gens O­ber­hol­zer (64), ’n pen­sioe­ntrekker en gewese nutsman wat die afgelope 15 jaar in die dorp gewoon het, se skie­li­ke dood word deur die Bela-Bela-po­li­sie as “ba­ie vreem­d” beskou. Die voor­val het op die hoek van Pre­to­ria­weg en Chris Hani­straat, reg voor die onder­ne­ming Scribble & Skryf in die sentrale sake­sektor, plaas­ge­vind.

Vol­gens die polisie beweer ’n an­der in­wo­ner, wat aan oor­kant van die pad ge­staan het, dat hy gesien het hoe iemand vir O­ber­hol­zer vasge­druk het ter­wyl drie an­der mans teen die muur van die ge­bou ge­staan en toe­kyk het. Die in­wo­ner het ver­moed dat iets nie pluis is nie en het oor die pad ge­stap om te kyk wat aangaan.

Die oom­blik toe die in­wo­ner na­der­ge­kom het, het die groep mans op die vlug ge­slaan, het dié man aan die polisie gesê. Die in­wo­ner het ’n am­bu­lans ontbied omdat O­ber­hol­zer ontsettend ge­skok was.
So­ver die po­li­sie kon vas­stel, is niks van O­ber­hol­zer ge­steel nie. Hy is in die hospitaal in die dorp opgeneem waar hy later die middag oorlede is.

AO An­dré van de Ven­ter, on­der­soek­be­amp­te in die saak, het by na­vraag aan Die Pos ge­sê O­ber­hol­zer het, so­ver vas­ge­stel kon word, geen fi­sie­ke be­se­rings ge­had nie. Die polisie wag nou op die uitslag van die nadoodse ondersoek.

Sy begrafnis vind plaas op Saterdag 16 November om 11:00 vanuit die AGS-gemeente in Ludorfstraat, Bela-Bela.

Enigiemand met in­lig­ting oor die voor­val word gevra om Van de Ven­ter te bel by tel. (014) 736 9713 of tel. 083 604 1673.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button