CrimeNews

Luüs se borgtog geweier

Chris Luüs (44), eienaar van Clear Water Pools swembaddienste in Bela-Bela, se borgtogaansoek op Woensdag 20 November in die Colenso-landdroshof in KwaZulu-Natal is van die hand gewys.

Luüs is in November in hegtenis geneem en aangekla van die moord op Annel Snyman (37), eienaar van die Loebies gasteplaas buite Bela-Bela.

Luüs en Snyman was ten tyde van haar dood in ’n verhouding en het in September by die Cayley Mountain Resort buite Winterton vakansie gehou.

Snyman is dood in een van die wooneenhede gevind en daar is beweer dat sy haar eie lewe geneem het deur haarself op te hang.

Luüs is egter sowat twee maande ná haar dood in hegtenis geneem.

Hy het aanvanklik in die Weenen-landdroshof verskyn, waarna die saak na Colenso oorgeplaas is.

Hy is sedertdien in aanhouding. Die hof het die saak na Woensdag 18 Desember uitgestel om ’n verhoordatum vas te stel. Hy bly in aanhouding.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button