CrimeNews

Drie aanvallers bind bejaarde vas in rooftog

“Die een het my mond só hard toe­ge­druk dat dit ge­voel het as­of my tan­de in my keel af­ge­druk gaan word.”

Drie ro­wers het ’n be­jaar­de vrou on­ver­hoeds in haar tuin in Mook­go­phong oor­val toe sy vroeg­og­gend na haar reën­me­ter wou gaan kyk.

Carol Kroep (74), wat in Von Wouw­singel woon, het on­ge­veer 07:00 op Woens­dag­og­gend 4 De­sem­ber by haar agter­deur uit­ge­gaan toe ’n man haar ge­gryp en ’n an­der een haar mond toe­ge­druk het. ’n Der­de man het op­ge­daag en sy is in haar huis ­ge­dwing.

“Hul­le het vlot Engels ge­praat en bly sê ‘don’t shout’. Die een het my mond só hard toe­ge­druk dat dit ge­voel het as­of my tan­de in my keel af­ge­druk gaan word. Ek kan nie eens ont­hou hoe ek in die ka­mer ge­kom het nie,” het ’n steeds ge­trau­ma­ti­seer­de Kroep ge­sê.

Sy woon die af­gelo­pe 13 jaar al­leen in die die huis ná haar man se dood in 2006. Die Kroeps het in 1989 na Mook­go­phong verhuis.

In die kamers het die drie rowers haar han­de en voe­te met kalbel­binders vas­ge­bind en die sleu­tels van haar kluis geëis. Hul­le het al die gor­dy­ne toe­ge­trek en haar bly waar­sku dat sy nie moet skree nie. Hul­le het haar hand­sak in die hang­kas ge­vind en R3 000 kon­tant ge­vat. Hul­le het ook al haar ju­we­le, waar­van som­mi­ges waar­de­vol is, as­ook haar re­wol­wer met ses rond­tes patrone en die mo­tor se sleu­tels ge­vat.

“Die een wat heel­tyd by my was, het ge­sê dat die geld nie ge­noeg is nie en dat hy my sal skiet. Ek het net bly pleit dat hul­le nie lap­pe in my mond moet druk nie, an­ders sou ek dit nie ge­maak het nie,” het sy ge­sê. “Die man wou ook weet of ek ’n op­spoor­der in my kar het.” Al drie die mans het swart hand­skoe­ne ge­dra.

Die ro­wers is om­streeks 07:30 weg. Na­dat Kroep die mo­tor­huis­deu­r ge­hoor oop­gaan het, het sy vyf mi­nu­te ge­wag en tot by die ag­ter­deur ge­kruip waar sy haar buur­man, Jo­sef Staub, ge­roep het.

Staub het ver­tel dat hy oor die muur ge­loer en da­de­lik be­sef het dat sy aan­ge­val is. Hy het haar te hulp ge­snel en hul­le het die po­li­sie om 07:45 ont­bied. Kroep het ge­sê die persoon by die aan­klag­kan­toor het aan haar gesê hulle weet nie waar die straat is waar­in sy woon nie. Hul­le het eers by­na twee uur la­ter by die huis op­ge­daag. Ver­skeie an­der men­se en le­de van die ge­meen­skaps­po­li­siërings­fo­rum was reeds op die to­neel. Haar don­ker­blou To­yo­ta Yaris is kort ná die voor­val nie ver van haar huis af ge­vind nie.

Kroep is aangesê om nie te ver­klee nie en sy moes in haar nag­kle­re bly sit tot­dat ’n buur­vrou, Ma­ry­na Ven­ter, haar om­streeks 12:00 na die F.H. Oden­daal-hos­pi­taal in Mo­di­mol­le ge­neem het vir be­han­de­ling. Sy het vir twee aan­de by vrien­de ge­slaap weens die trau­ma van die gebeu­re.

“Die po­li­sie het geen aan­dag aan die slag­of­fer ge­gee nie en haar net so vir ure lank laat sit. Dit is baie ont­stel­lend,” het Staub ge­sê.

Staub het op Don­derdag 14 No­vem­ber on­ge­veer 20:00 ’n man op die sy­paadjie buite Kroep se huis ge­sien en hom ge­vra wat hy daar doen. Die vol­gen­de dag het hy ’n breek­ys­ter op die sy­paadjie ge­vind en Kroep het soort­ge­ly­ke hand­skoe­ne as wat in die aanval gebruik is, in haar erf ge­vind. Die ver­moe­de be­staan dat dit een van die ver­meen­de aanval­lers kon wees.

  • Die Pos het die Mookgo­phong-poli­sie ge­na­der vir in­lig­ting oor die voor­val, maar het teen druktyd nog geen terugvoer ontvang nie. Daar is wel aan ons gesê “die saak word on­der­soek”. Kroep het haar dank­baar­heid teen­oor el­keen wat haar gehelp het, uit­ge­spreek en ge­sê sy sal haar nie deur die voorval laat onder­kry nie. Sy kuier tans by fa­mi­lie in Pre­to­ria.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button