CrimeNews

Be­la-Be­la-in­wo­ners sit voet in die hoek toe ver­dag­te ‘be­amp­tes’ hul bedreig

’n Gesin van Be­la-Be­la het op Sater­dag 31 Okto­ber ’n nagmerrie-ervaring op die N1-snel­weg na Pretoria gehad.

Valley de Souza, be­ken­de elek­tri­siën in die dorp, se vrou, Lyndi, sy stiefseun Wal­ter Hayward en sy skoonma, Jacque Hayward, was op pad Pretoria toe, toe ’n me­tropo­li­sie-mini­bus hul­le na­by die Wall­mans­thal-afrit beveel het om van die pad te trek.

 

ADVERTENSIE/ADVERTISEMENT

 

Die beamptes in die minibus het nie sire­nes aangeskakel nie, maar slegs met hul hoofligte ge­flits en aangedui dat Walter van die pad moet trek, het De Sou­za aan Die Pos vertel.

Walter het stilgehou, die voer­tuig afge­ska­kel en in die voertuig op die beamp­tes ge­wag.

“Die beamptes het uni­forms, hand­skoe­ne en gesig­mas­kers ge­dra. Daar was vuurwapens aan hul heupe gegord. Die beamptes het weerskante van die voertuig stelling ingeneem. Daar was ’n derde beampte wat in die minibus bly sit het,” het De Souza vertel.

Nadat Walter glo sy rybewys aan die beampte oorhandig het, het die beamp­te glo gevra of hy be­wus is daarvan dat hy teen 130 km/h in ’n 120 km/h-sone gery het en dat dit ge­noeg rede is om hom nie net ’n boete te gee nie, maar hom summier in heg­te­nis te neem. Volgens Walter kon die beamptes geen bewys van ’n spoedlesing gee nie.

Hy beweer sy voertuig was op spoedkontrole gestel om te voorkom dat hy die spoedgrens oorskry. Volgens de Souza het ’n benoude Lyndi hom in dié stadium gebel. Sy het gesê die “beamptes” en die hele situasie kom baie verdag voor.

Volgens haar het die “beamp­tes” al hoe harder geskree dat almal uit die voer­tuig moet klim en deur die venster vir Lyndi geskree dat sy haar skuldig maak aan dwars­bo­ming van die ge­reg.

De Sou­za het gesê hy het Walter oor die telefoon aangeraai om die voer­tuig aan te ska­kel sodat hulle kon wegkom as daar gevaar dreig. Die voertuig se veiligheidskamera het outomaties ’n foto van die polisievoertuig se nommerplaat geneem toe Walter dit aangeskakel het.

Die foto is na De Souza gestuur, wat dit op sy beurt blitsig aan die Bela-Bela-polisie gestuur het. Volgens De Souza is daar aan hom gesê dat die situasie ook vir die polisie “verdag” voorkom.

Die gesin het daarna sonder huiwering voet in die hoek gesit en die “beamp­tes” verstom langs die pad ge­laat.

Die “beamp­tes” het nie die gesin ag­ter­na ge­sit of ander polisie-eenhede in kennis gestel van ’n voertuig wat op vlug is nie. Dit het die vermoede laat ontstaan dat die gesin moontlik ’n gewapen­de roof, kaping of omko­pery vryge­spring het, het De Sou­za ge­sê.

Die Pos het by die Tshwa­ne-me­tropo­li­sie navraag gedoen waar daar be­ves­tig is dat die betrok­ke mini­bus wél ’n po­li­sie­voer­tuig is. Die koerant is meegedeel dat ’n ondersoek oor die klagte reeds begin is.

De Souza het ge­sê hy is van plan om ’n saak by die Bela-Bela-polisiekantoor te open.

  • Die straf­pro­ses­wet bepaal nie dat iemand wat teen ’n snelheid van 130 km/h ge­ry het, sum­mier in ­heg­te­nis ge­neem kan word nie. Dit sal alleenlik gebeur indien die betrok­ke voer­tuig ge­steel is of daar ’n uitstaande las­brief uit­ge­reik is vir die betrok­ke per­soon. Die po­lisie raai intus­sen mo­tor­ry­ers wat van die pad getrek word aan om op te let na amptelike kentekens en name van beamptes. Indien hulle onveilig voel, moet hulle na die naaste polisiestasie of ’n veilige plek ry. Die noodnommer op die hoofweë is tel. 112 en kan dadelik geskakel word vir hulp.

Baie dankie aan PEG Elektries sonder wie se hulp die plasing van dié aanlynberig nie moontlik sou wees nie.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button