CrimeNews

Kinders brand dood in sinkhuis

Twee jong kinders het op Sondag 25 Julie in die Masakane-nedersetting buite Radium op ’n tragiese wyse gesterf.

Volgens sers. Frans Maponya, polisiewoordvoerder, het ’n brand in die sinkhuis waar hulle geslaap het, ontstaan.

Die kinders was onderskeidelik 11 en 13 jaar oud. Die sinkhuis waarin die twee kinders geslaap het was apart van die hoofhuis, ’n staatsgesubsidieërde huis, aangebou.

Volgens Maponya het die ma van een van die kinders teen ongeveer 23:30 wakker geword van erge rook wat haar oorval het.

Dit was egter te laat om die kinders te red.

Geen verdere inligting oor die slagoffers, of wat die oorsaak van die brand was, was teen druktyd bekend nie.

’n Nadoodse ondersoek word tans gedoen.

Related Articles

Back to top button