
Pienaar is in September 2022 dood nadat hy verskeie kere in sy motoroprit geskiet is kort nadat hy tuis gekom het. Motsoane is in Oktober daardie jaar aangekeer, maar klagtes teen ’n tweede verdagte is laat vaar. Motsoane verskyn op klagtes van moord, sameswering om moord te pleeg en vuurwapen-verwante klagtes. Hy het glo ook die ontsnappingsvoertuig bestuur. Die staat het die hof vroeër ingelig dat hy vorige veroordelings vir poging tot moord, roof en diefstal het. Hy het ook glo voorheen uit aanhouding ontsnap.
Afriforum se privaatvervolgingseenheid het op versoek van die familie by die ondersoek betrokke geraak en ondersteun sy vrou, Fransie, wat tuis was tydens die aanval, gedurende hofverskynings. Kapt. Ross Rossouw van die Waterberg-distrik se speurtak, het oorgeneem as die ondersoekbeampte in die saak.
Die saak teen Motsoane van 22 tot 26 Julie in die hooggeregshof in Polokwane aangehoor word.