CrimeNews

Verdagtes in Mookgophong aangekeer met onwettige sigarette

Die vinnige optrede deur Sersant Nkuna,van die speurtak in Mookgophong, Reflex Security, Misdaad Intelligensie Eenheid van die polisie en Spoorvat Sekuriteit is ‘n verdagte voertuig op Donderdag 15 Februarie, by die Q4 vulstasie voorgekeer en twee mans is in hegtenis geneem vir die besit van onwettige sigarette met ‘n waarde van R299 000.

Die verdagtes het te voet op die vlug geslaan maar is kort daarna in hegtenis geneem

Die verdagte voertuig is deur ‘n lid van die publiek opgemerk. Die polisie en ander rolspelers is in kennis gestel.

Twee verdagtes, ouderdomme 23 en 28, was vermoedelik onderweg vanaf Beitbrug grenspos na die Waterberg Distrik toe hulle in Mookgophong aangekeer is.

Een verdagte is ‘n Suid-Afrikaanse burger, maar die ander verdagte se nasionaliteit kon nie bevestig word nie.

Die Limpopo provinsiale kommissaris, Luitenant-Generaal Thembi Hadebe, het die inhegtenisname verwelkom en weereens die polisie se toewyding bevestig om onwettige handel, insluitend die verspreiding van onwettige sigarette, te bekamp.

“Hierdie inhegtenisnemings stuur ‘n duidelike boodskap dat die onwettige handel in sigarette- en dwelmhandel nie geduld sal word nie,” het Hadebe gesê.

Die verdagtes sal binnekort in die hof in Mookgophong verskyn.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button