Local newsNews

Saamtrek vir vroue buite Mookgophong

’n Groot Mighty Women-konfe­rensie (MWC) word vir aan­staande maand in Mook­go­phong beoog.

Die idee agter dié kon­ferensies het ont­staan ná die gewild­heid van die destydse Mighty Men-konfe­rensies en versoeke daarna dat iets soort­gelyks vir vroue aange­bied word.

Volgens dr. Melané de Villiers, een van die stigters­lede van Mighty Women, word ’n naweek­konferen­sie in Augus­tus by Badse­loop net buite Mook­go­phong aange­bied.

“Dit is ’n wonder­like geleent­heid vir elke vrou wat haar­self weer in Christus wil vind. God het dit op my hart gelê om MWC te begin en ek het die eerste kon­ferensie in 2017 in Polo­kwane saam met twee ander stigters­lede, naamlik past. Masin­gita Sha­bangu en Tracey du Preez, aange­bied. Dit was ’n reuse­sukses waar vroue getuig het hoe God hul lewens ver­ander het,” het De Villiers aan Die Pos gesê.

MWC het in 2018 uitge­brei na Gauteng waar ’n naweek­kamp vir vroue gehou is en sedert­dien is daar elke jaar kon­feren­sies in Lim­popo en Gauteng aangebied. De Villiers het gesê hulle beoog om teen 2021 na die Kaap en Vrystaat uit te brei sodat vroue regoor Suid-Afrika die geleent­heid kan kry om saam te aanbid.

MWC is ’n interker­k­like en multi­kul­turele Christelike orga­nisasie waar vroue van alle ouder­domme en kul­turele groepe bymekaar kom om te aanbid. “Hierdie kon­fe­rensies is ’n plek waar elke vrou haar skoene kan uitskop, maskers afhaal, rus en bederf word — net ’n bietjie alleen­tyd, weg van al die druk,” het De Villiers gesê.

Vir meer inlig­ting oor die vol­gende konfe­rensie besoek MWC se webtuiste by: www.mightywomenconference.co.za of die Facebook-blad by mighty women conference of skakel tel. (015) 004 1053 of tel. 078 340 2763.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button