Local newsNews

Die Pos is naasbeste dorpskoerant in die land

Die Pos en ons susterspublikasie, The Beat, het op Vrydagaand 19 Julie geskitter tydens die jaarlikse Forum of Community Journalists (FCJ) se jaarlikse toekenningsaand in Pretoria.

Die geleentheid is by die Leriba Hotel & Spa in Centurion gehou.

Keina Swart (regs), redakteur van Die Pos, ontvang die toekenning vir Naaswenner: Koerant van die Jaar, van Zelda Schwalbach van Sappi, een van die borge van die aand.

 

Johnny Masilela (regs), redakteur van The Beat, ontvang sy toekenning vir The Beat se treffende voorblaaie van Jurgens Tubb van MHT Attorneys, een van die borge van die aand.

 

Die Pos is aangewys as naaswenner in die kategorie: Koerant van die Jaar (betaalde koerante met ’n sirkulasiesyfer van meer as 5 000). Die Laevelder van Nelspruit is as wenner in dié kategorie aangewys met die Hermanus Times in die derde plek.

Keina Swart, redakteur van Die Pos, is ook in twee skryfkategorieë (redaksionele kommentaar en rubrieke) onder die toptiendeelnemers aangewys. Ronel van Jaarsveld (verslaggewer in Die Pos se Modimolle-kantoor) is aangewys as een van die 15 finaliste in die kategorie: Joernalis van die Jaar.

Bea Emslie (bestuurder van Die Pos), Keina Swart (redakteur) en Ronel van Jaarsveld (verslaggewer) tydens die gala-aand in Centurion.

 

Johnny Masilela, redakteur van The Beat, het ’n derde plek verower in die kategorie vir rubrieke vir sy maandelikse rubriek, The Other Side of Town, in Die Pos. The Beat het ook ’n derde plek verower in die afdeling vir Beste Voorblad (in die afdeling: Gratis Koerante). Masilela is saam met Lesley Barnard, uitlegkunstenaar, verantwoordelik vir die uitleg van The Beat se voorblaaie.

Altesame 110 uitgesoekte gaste en finaliste het die aand bygewoon waar uitnemendheid in gemeenskapsjoernalistiek bekroon is. Die kompetisie word beskryf as die enigste in die land wat alle rolspelers in die mediabedryf in die land erken. Onder die finaliste was koerante en joernaliste uit die Media24- en Caxton-stal, asook onafhanklike koerante. Die beoordeling is behartig deur ’n paneel deskundiges van die NoordWes Universiteit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button