Local newsNews

Kansa Relay for Life om die draai

’n Agt uur lange staptog om be­wus­ma­king van kan­ker te skep, vind eers­daags in Bela-Bela plaas.

Die Kan­ker­ver­eni­ging van Suid-Afri­ka (Kan­sa) se jaar­lik­se Relay For Life word op Sa­ter­dag 19 Ok­to­ber by Hoër­skool Warm­bad ge­hou. Van­jaar gaan die staptog net ’n agt uur lange af­los wees en nie ’n deur­nag-staptog nie.

Die or­ga­ni­sa­sie nooi in­wo­ners om deel te neem en bewus te raak van die rol wat Kan­sa in die ge­meen­skap speel en hoe om hul ri­si­ko vir dié siek­te te ver­laag. Die he­le ge­sin kan aan die staptog deel­neem.

Van­jaar se te­ma is “Celebrate our Survivors”.

Die ge­leent­heid skop af met men­se wat kan­ker oor­leef het. Hulle sal tus­sen 16:00 tot 17:45 met ’n lek­ker ete be­derf word.

Die af­los spring om 18:00 weg met kan­ker­oor­win­naars wat die eers­te rondte sal stap. Daar­na is hul ver­sor­gers aan die beurt — dus enigeen wat kan­ker­ly­ers by­staan of voorheen by­ge­staan het, het An­sie van Heer­den, Kan­sa se ge­meen­skaps­mo­bi­li­seer­der, ge­sê.

Daar­na word die span­ne aan­ge­kon­dig en be­gin die af­los met ver­skeie tema­­rond­es, wat beloof om groot pret te wees.

Die span­ne met die bes­te gees en bes­te stal­le­tjie word be­paal deur ’n span­stem soos in die ge­wil­de TV-werk­lik­heids­reek­se.

Die Lu­mi­na­ria-se­re­mo­nie, wat om 20:00 plaas­vind, sal baie spesiaal wees wan­neer al­le lig­te ge­doof word en men­se ’n kers kan aan­steek ter ere aan iemand wat aan kan­ker dood is of tans kan­ker­be­han­de­ling ontvang.

Daar sal ook kos­stal­le­tjies wees om die honger mae te stil.

Toe­gang be­loop R50 vir be­soe­kers en R20 vir hoër­skool­leer­ders. Laer­skool­leer­ders hoef slegs ’n do­na­sie te maak.

Spanin­skry­wings vir die af­los be­loop R100 vir vol­was­se­nes, R50 vir hoër­skool­leer­ders en laer­skool­leer­ders kan ook net ’n do­na­sie gee.

Alle an­der borg­skap­pe en do­na­sies is wel­kom.

“Ons nooi on­der­ne­mings en groe­pe om so gou moont­lik die ko­mi­tee­le­de te na­der vir in­skry­wings­vorms,” het Van Heer­den ge­vra.

Vir meer in­lig­ting ska­kel tel. 074 149 2217 of tel. 076 409 4444. Vir span­wer­wing ska­kel tel. 072 716 9397 of tel. 083 785 3942.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button