
Kansa verkoop jaarliks stroke pienk materiaal om boomstamme mee toe te draai. Dit dien as bewusmaking van kanker, maar samel ook geld in om toerusting aan te koop wat die versorging van pasiënte vergemaklik.
Volgens Wilna van den Heever van Kansa kon die Waterberg-kantoor die afgelope jaar vyf nuwe mediese skaapvelletjies aankoop wat baie help tydens die verpleging van terminale pasiënte.
Die pakkies met 2 m pienk materiaal is beskikbaar by Kansa se kantoor in Friedbergstraat 38, Modimolle teen R50 elk.
“Daar is ook 2 m lange kopdoekmateriaal beskikbaar in pienk en groen teen R70. Ons wil graag die veldtog onder veral sakeondernemings loods sodat meer persone direk daarby betrokke kan wees.
Daar is ook ’n baie mooi kopdoekspeld ingesluit. “Doek met ’n verskil” kan ook gekoop en gedra word om ondersteuning te wys vir pasiënte wat baie swaar kry met hierdie siekte,” het Van den Heever gesê.
Die “Pienk bome vir Pauline” begin in Augustus tot einde Oktober wanneer alle materiaal van die bome verwyder moet word.
Meer inligting oor hierdie projek kan verkry word by www.pinktrees.co.za(.)
Vir meer inligting bel vir Mariaan le Roux by tel. (014) 717 3950 of vir Van den Heever by tel. 082 493 1884.