Local newsNews

Mynonderneming het oë op Drooggekloof

’n Mynonderneming van Pretoria het hul visier op die Drooggekloof-gebied buite Bela-Bela.

’n Kennisgewing is onlangs onder grondeienaars in die omgewing versprei dat Vharanani Mining (Pty) Ltd. vir chroom en platinum wil prospekteer.

Luidens die kennisgewing is die grond waarop geprospekteer sal word, Drooggekloof 471 KR.

Grondeienaars wat deur die proses geraak word, is genooi om voor die afsnydatum op Sondag 28 Julie kommentaar aan Singo Consulting (Pty) Ltd. van Emalahleni te stuur.

Grondeienaars het tyd tot Donderdag 29 Augustus om die mynonderneming se risikobestuursplan, asook die omgewingsbestuursprogram, te bestudeer.

Die dokumente word slegs op aanvraag uitgereik, lui die kennisgewing.

E-posse doen reeds die ronde waarin die mynonderneming daarvan beskuldig word dat hulle nie aan die voorgeskrewe advertensievereistes voldoen nie.

Masindi Nefale van Singo Consulting het by navraag gesê ’n openbare deelnameproses word vir Saterdag 24 Augustus beplan, maar die tyd en plek sal eers later bekendgemaak word.

Mense wat nie van die aansoek bewus is nie, kan verdere navrae rig aan Singo Consulting by tel. (013) 692 0041 of stuur vir Masindi ’n e-pos na masindi@singoconsulting.co.za(.)

Mense kan ook Vharanani Mining skakel by tel. (015) 295 6085 of ’n e-pos stuur aan david@vharanani.com(.)

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button