Local newsNews
Mooigoed by unieke mark
Bela-Bela-inwoners wat nie reeds die vakansiepad aangepak het nie, kan gerus op Saterdag 14 Desember ’n draai maak by die Handwerk- en Boeremark wat in dié dorp plaasvind.

Bela-Bela-inwoners wat nie reeds die vakansiepad aangepak het nie, kan gerus op Saterdag 14 Desember ’n draai maak by die Handwerk- en Boeremark wat in dié dorp plaasvind.
Die mark is ’n unieke geleentheid om geskenke vir Kersfees te koop en ook die koskaste aan te vul met onder meer heerlike vars groente.
Die mark word deur die Gereformeerde Kerk aangebied en sal op hul terrein plaasvind.
Buiten die handgemaakte produkte en geskenke sal daar ook kosstalletjies wees wat die smaakkliere behoorlik sal prikkel.
Die mark begin om 08:00 en sal teen 13:00 ten einde loop. Vir meer inligting bel vir Sandra van Wyk by tel. 073 649 6393.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.