Local newsNews

Ondersoeke kan kanker vroeg uitwys

Kansa besoek Bela-Bela op Woensdag 5 Februarie en moedig inwoners aan om hulself te laat toets sodat kanker vroegtydig opgespoor kan word.

Die toetse word vanaf 09:00 tot 16:00 in die NG Kerk Warmbad-Wes se kerksaal gedoen. Die toetse sluit in papsmere en borsondersoeke waarvan die koste vir albei R330 beloop. Vir die mans wat hul prostaatgesondheid wil laat toets, word bloed getrek teen R150. Moesieontledings vir melanoomkanker word met die FotoFinder-masjien gedoen en die koste beloop R150 vir tot drie moesies. Ander velletsels kan ook ondersoek word.

“Enige abnormaliteit sal na ’n medikus verwys word vir behandeling,” het Wilna van den Heever van die organisasie gesê.

Inwoners kan ook inligting oor algemene gesondheidsvrae kry. Die afsprake neem slegs 10-20 minute.

Enige navrae kan aan Van den Heever gerig word by tel. 082 493 1884. Besprekings is nodig en afsprake kan slegs gedoen word by Ansie le Roux by tel. 066 287 5320.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button