Goeie nuus vir boekwurms
Daar is min dinge wat so lekker ruik soos ’n splinternuwe boek se kraakvars bladsye.
Die Leeskring in Modimolle het die voorreg gehad om ’n hele paar nuwe boeke op hul rakke uit te pak om boekwurms se leeslus te voed.
Die nuwe Afrikaanse boeke sluit in Kammaland deur Annelie Botes, Blinde Gode van Didi Breytenbach, Die Dao van Daan van der Walt deur Lodewyk G. Du Plessis, Soekmekaar deur Dana Snyman, Bloedsuier deur Leon van Nierop, Man van Cirene deur F.A. Venter, Sewe-en-veertig deur Irma Venter en Smit Motors deur Reney Warrington.
Die nuwe Engelse boeke op die rakke is Redemption van David Baldacci, Blue Moon van Lee Child, Kiss the girls and Make Them Cry deur Mary Higgens Clark, No Mercy deur Martina Cole, Grown Ups deur Marian Keys, Ghost of the Past deur Tony Park, The Chef deur James Patterson, Vendetta in Death deur J.D. Robb en Into the Dark deur Karin Rose.
Die Leeskring het ook ’n groot aantal boeke geskenk gekry. Lesers kan soek na iets wat in hul smaak val soos PG du Plessis se Hier sit die Manne, Maria se keuse deur Arien Lubbe, Void Moon deur Michael Connelly, Believe Me deur J.P. Delaney, 6 Days deur Brendan du Bois, The Smoke Jumper deur Nicholas Evans, The Modigliani Scandal deur Ken Follet, The Concubine’s Secret deur Kate Furnival en talle ander.
Boeke kan op Maandae en Donderdae van 09:00 tot 12:00 en van 14:00 tot 17:00 uitgeneem word. Die Leeskring is in Steve Tshwetestraat 13 in Modimolle.
Vir meer inligting, bel vir Marthie Alberts by tel. 082 441 9047 of tel. (014) 717 5080 of vir Elsie Koch by tel. 072 249 1205.