Warmpatat: Die harde, deurdringende reën wat die afgelope weke geval het, het die slaggate in munisipale paaie vererger. Talle slaggate wat voorheen tydelik herstel is, het met die swaar reën oopgespoel en staan vol water. Dié foto is op die hoek van Van der Merwestraat en Lunaweg in Bela-Bela geneem. Munisipale werkers het vandeesweek ’n pyp daar geplant om motorryers te “waarsku” oor die diep slaggate daar.
Moenie verbaas wees as dié ou reusedoringboom op die oop ruimte reg oorkant Dee’s Coffee Shop, Jordan’s Hairdresser en Die Pos-koerant in Bela-Bela net een dag omval nie. Sakelui kla sedert die begin van die inperkingstydperk oor rommelstrooiers, morsjorse en sluipslapers wat dié driehoek hul tuiste gemaak het. Iemand het al helderoordag dié apiesdoringboom probeer afkap. Die afgelope naweek — asook twee dae later — het iemand die boomstam aan die brand gesteek. Sakelui blus die smeulende stomp soggens, maar dit word net weer aan die brand gesteek.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.