Local newsNews

Bekende Dieta ruil Thabazimbi ná 62 geseënde jare vir Pretoria

Die bekende Dieta Bronkhorst, wat as jonggetroude vrou saam met haar man, Bronkie, na Thabazimbi verhuis het, het ná 62 jaar besluit om haar wortels los te maak en na Pretoria te verhuis waar sy by haar kleindogter, Shantelle, en haar gesin gaan inwoon.

Sy het op 8 Mei verlede jaar haar 90ste verjaarsdag gevier.

Die Pos het berig sy kon te midde van die streng Covid-19-veiligheidsmaatreëls nie die ander inwoners van die Bosveld Oord-ouetehuis vir ’n geselligheid nooi nie, maar het vir elkeen ’n heerlike kolwyntjie by hul huise laat aflewer.

Die Bronkhorst-egpaar het hul in 1959 in die dorp gevestig en was betrokke by die Yskor-myn en die United Tobacco Company.

Hulle was aktiewe lede van die Thabazimbi-gholfklub.

Die NG Kerk Thabazimbi, waar Dieta baie jare lank Sondagskool gehou het en ook op die kerkraad gedien het, het op Sondag 31 Januarie amptelik van hul getroue lidmaat en vriendin afskeid geneem.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button