Local newsNews
Bekende van Modimolle oorlede
Die Modimolle-gemeenskap het op Donderdag 18 Februarie met hartseer verneem van die dood van Johan Marais (snr).

Hy het op 66-jarige ouderdom aan natuurlike oorsake gesterf.
Marais het die afgelope 36 jaar in Modimolle gewoon en gewerk. Hy het einde 2019 na die Kokanje-aftreeoord buite die dorp verhuis.
Volgens sy dogter, Nadia Marais, was hy ’n bekende sakeman wat sedert 1992 die eienaar van Bosveld Boomslopings was.
Die onderneming is in 1998 deur sy seun, Johan jnr. oorgeneem en word sedertdien as Johan Marais Boomslopings bedryf. Marais laat sy twee kinders en ’n kleinseun, Rohan, agter.
Die familie het ’n spesiale woord van dank gerig aan Ronel Marais vir die ondersteuning en bystand aan hul pa en oupa tot met sy dood.
Sy gedenkdiens is op Saterdag 20 Februarie by Johan jnr. se huis in Modimolle gehou.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.