Die drie Tuk-Tuk voertuie wat die nasionale departement van omgewingsake aan die Modimolle-Mookgophong-munisipaliteit geskenk het, was vandeesweek fluks aan die werk. Die personeel moes eers hul motorfietsbestuurslisensies kry voordat hulle dié karretjies kon laat werk. Volgens Marlene van Staden, burgemeester, sal die voertuie kleiner werkies verrig soos wanneer die hoofstraat skoongemaak word of net ’n paar vullissakke opgelaai moet word. As deel van die skenking het die munisipaliteit ook kruiwaens, grawe en spitvurke, swart plastieksakke en skoonmaakmiddels ontvang. Foto: Verskaf
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.