Kreatiewe leerders spog met hul talent
Altesame 185 kunswerke van leerders in ons lesersgebied is ontvang in Die Pos se eerste kunskompetisie: Die Pos Palet — van pen tot kwas.


Die kunskompetisie waaraan kleuters, laer- en hoërskoolleerders deelgeneem het, het vandeesweek tot ’n einde gekom met die aanwys van die wenners. Inskrywings is vanaf Bela-Bela tot so ver as Mokopane ontvang.

Die kunswerke is op Sondag 22 Oktober in ons kantoor in Bela-Bela beoordeel deur Odette Graskie, ’n professionele kunstenaar van Johannesburg. Graskie het ’n meestersgraad in visuele kuns en haar werk word ook in verskeie lande oorsee ten toon gestel.


Sy het na elke kunswerk gekyk en ná deeglike oorweging die wenners in die verskillende afdelings aangewys.
Die eerste plekwenners se werk is weer beoordeel en ’n algehele wenner is aangewys wat die Die Pos Palet-wisseltrofee ontvang, asook ’n pryspakkie wat heerlike bederwe vanaf ons borge insluit.

Al die deelnemers ontvang sertifikate vir deelname. Die onderskeie wenners kry nie net ’n wensertifikaat nie, maar ook elk ’n pryspakkie moontlik gemaak deur ons borge.
Charmaine Lourens, eienaar en redakteur van Die Pos, bedank al die borge en deelnemers.


“Gemeenskapsbetrokkenheid is vir die koerant belangrik. Ons gaan die kompetisie weer aanstaande jaar aanbied en weet dit sal nog verder uitkring. Dit bevorder kuns in die Waterberg en gee die leerders die geleentheid om hul kreatiwiteit uit te leef.”
Hou gerus Die Pos se Facebookblad dop om al die inskrywings te sien.
Waardige wenners
Wenners is bederf met geskenkpakke wat kontant, boeke, geskenkbewyse en geskenke van borge bevat het.
Die jong wenners in Die Pos se kunskompetisie het vandeesweek opgewonde hul pryse kom afhaal.
Hier is ons pryswenners:
Inkleur (juniors):
- 1ste: Jesse de Wet van Brak-en-Jan Kleuterskool in Modimolle.
- 2de: Ronewa Mananga van Modimolle Christian Academy.
- 3de: Lua van Staden van Laerskool Nylstroom.
Junior skilderkuns: (gr. 1 – 4)
- Eerste: Ouma Sekete van Modimolle Christian Academy.
- Tweede: Tadiwa Sibanda van Laerskool Tuinplaas.
Senior skilderkuns (gr. 5-7)
- 1ste: Alice Khvan van Warmbad Academia in Bela-Bela (ook algehele naaswenner).
2de: Alexi Grobler van Laerskool Warmbad in Bela-Bela.
Beeldende kuns: laerskole
- 1ste: Caylem Beukes van Nuwe Begin Akademie in Bela- Bela.
- 2de: Johan van Rooyen van Nuwe Begin Akademie in Bela-Bela.
- 3de: Lumé van Staden van Laerskool Nylstroom in Modimolle.
- 4de: Juanné van den Berg van Nuwe Begin Akademie in Bela-Bela.
Woordkuns
- Lethabo Romgayana van Modimolle Christian Academy.
Skilderkuns: hoërskole
- 1ste: Stanley Makhuza van Eden Christian School, Bela-Bela.
- 2de: Cayla Hanekom van Hoërskool Warmbad in Bela-Bela.
- 3de: Lauré Griessel van Hoërskool Piet Potgieter in Mokopane.
Sien nog foto’s en borge hieronder:



Borge sorg vir heerlike bederwe
Dankie aan al ons borge wat hul harte en hande oopgemaak het. Die wenners is bederf met goeie pryse.
Die Pos Palet wisseltrofee is deur ’n anonieme persoon geborg. Ons sê dankie, dit is ’n pragtrofee wat met trots elke jaar aan die algehele wenner van die kompetisie oorhandig sal word.
Ander borge:
Modimolle
- Finest Wear
- Roepersfontein Hoenders
- NTK/NWK
- Oasis Water
- Paint Hyper
- Serena Spa
- Bella Vie Koffiewinkel
- CSI Bosveld
- Lillies & Lime Country Shop & Restaurant
- Wimpy
Bela-Bela
- Jordans Hair Salon
- Salon Cleopatra
- Aida-agentskap
- Agri Deli
- Liz Barnard
- PNA
- Annaline du Preez
- Warmbath Gas Produce
- Grobbies Paneelkloppers
- Bhams
- Hi-Q
- Van Heerden Apteek
- Hout is Goud