Local news
Skade op vlakte ná haelstorm
’n Verwoestende haelstorm het Maandagmiddag 26 Februarie derduisende rande se skade aangerig in die Crecy- omgewing naby Roedtan.

Bome is ontwortel en gebreek, dakke van skure is afgeruk en selfs staalpilare is uit die sement geruk.
“Ek wil hierdie storm nooit weer beleef nie,” het Estie van Zyl, een van die boervroue gesê.
Spilpunte is eenvoudig opgefrommel en gewasse op die landerye is totaal verwoes.
Volgens ‘n anonieme bron is daar 16 spilpunte wat in die slag gebly het.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.