Veteraantrekkers die trekpleister by gewilde Settlers Landbou-museum
Die bestuur van die Settlers Landbou-museum het hul prag versameling ou trekkers weer afgestof en nooi die gemeenskap om te kom deel in hul ope-dag op Saterdag 9 Maart se pret.
Die dag beloof om ’n viering van ons landbou-erfenis te wees, met ’n verskeidenheid van aktiwiteite wat die hele gesin by byklank sal vind.
Soos in vorige jare kan besoekers uitsien na die geskiedkundige landbou-implemente wat deur lede van die Settlers Landbou-museum gerestoureer is.
Die dreuning van die oud strydrosse uit die vorige eeu is onvergeetlik. Van antieke ploegskare tot trekkers uit die 1900’s, daar is iets vir almal om te bewonder en te leer.
Daar is ’n verskeidenheid kosstalletjies wat lekkernye uit die kontrei aan besoekers gaan voorsit. Van die beproefde kerrie-en-rys tot heerlike pap-en-kaiings is van die tradisionele disse wat besoekers aan kan smul.
Die toegang vir die dag is R60 per persoon, maar laerskool kinders geniet gratis toegang
Vir meer inligting of om enige navrae te maak, kontak Hannes van Heerden by tel. 082 651 2885.