EntertainmentLocal news

Kokanje-aftreeoord maak reg vir groot makietie

Dit is een van die dae weer tyd vir die gemeenskap om te kom deel in groot pret en plesier by die Kokanje-aftreeoord buite Modimolle.

Die Kokanje Karnaval vind op Saterdag, 20 April vanaf 08:00 plaas en toegang is gratis.

Hierdie geleentheid is nie net vir Kokanje-inwoners nie, maar vir gaste ook. Die oord nooi dus die hele gemeenskap om die dag saam te kom geniet.

Chris Coetzer en Anza tree op as gaskunstenaars en Pretoria FM en Waterberg Stereo sal lewendige radio-uitsendings doen.

Daar sal kosstalletjies te kies en te keur wees, asook fyngebak, naaldwerk-items en ander snuisterye. Besoekers kan ook na die skouhuise wat tans te koop is in die spog aftreeoord, gaan loer.

Diegene wat belangstel in uitstalruimte, kan gerus vir Bettie Botha by tel. 083 280 6610 skakel of stuur ’n e-pos na sporthsharties@gmail.com vir meer inligting.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button