Local news
Motorfietsryers help kinderhuis
Die Suid Afrikaanse Vrouefederasie (SAVF) Klein Treetjies-kleuterskool in Modimolle werk saam met die Mac-motorfietsryers van Modimolle en Mokopane om doeke, speelgoed, ens. vir die Abraham Kriel-kinderhuis in te samel.

Die groep ryers spring op Saterdag 11 Mei weg by die Ultra City in Mokopane en sal teen 12:00 by Klein Treetjies-kleuterskool bymekaar kom voor hul na die kinderhuis vertrek, het Cindy Jansen van Rensburg, die waarnemende hoof, gesê.
Die wat skenkings of donasies wil gee, kan dit vooraf by Klein Treetjies aflewer.
Volgens Gerda van der Merwe, hoof van die kinderhuis, het hulle twee huise wat omsien na kinders van geboorte tot sewejarige ouderdom.
“In die een huis is Afrikaanssprekende kinders en in die ander huis Engelssprekende kinders. Hulle bly hier tot hulle sewe jaar oud is, en word dan na die groter kinders se huis uitgeplaas” het sy gesê.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.