Local newsNews
Trok slaan om, twee beeste dood
’n Vragmotor wat met beeste gelaai was het op Maandagoggend, 13 Mei, enkele kilometer buite Modimolle omgeslaan.

Volgens AO. Pieter Booyse van die Modimolle-polisie, het die vragmotor vanaf die Grootfontein-grondpad af ingedraai op die R101-pad wat tussen Modimolle en Mookgophong loop.
Die vragmotor se sleepwa het omgeslaan en twee beeste is dood.

Verskeie boodskappe op sosiale media het motoriste gemaan om versigtig te ry aangesien die vragmotor op die ryvlak van die pad was en daar beeste vry rondgeloop het.
AO Booyse het bevestig dat die toneel opgeruim is en die beeste was baie gou verwyder.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.