Local newsNews

Just Water se mense groet Bela-Bela

Die gemeenskap van Bela-Bela het die afgelope 18 jaar staatgemaak op die flinke en vriendelike diens wat hul by Just Water in die SuperSpar-sentrum in die dorp gekry het.

Die eienaars wat self daagliks na die behoefte van hul kliënte omgesien het, Des en Hester Lindeque het besluit om nou halt te roep en te gaan uitspan in Oudtshoorn, wat bekend is vir sy volstruise, in die Klein-Karoo.

Just Water het in 2007 hul deure geopen in die nywerheidsgebied van Bela-Bela en in 2009 het hul die sakeonderneming geskuif na die SuperSpar-sentrum in Chris Haniweg, waar hulle vandag nog geleë is.

Die Lindeque-egpaar wil graag die gemeenskap van Bela-Bela hartlik bedank vir hul getroue ondersteuning en dit is met ’n traan in die oog wat hulle gaan afskeid neem van die kliënte, wat soos familie geword het.

Die diens wat hulle gelewer het gaan egter nie heeltemal tot niet nie. Die sakeonderneming word oorgeneem deur ’n nuwe eienaar en die naam verander na Manzi, wat water beteken.

Hulle beskryf die nuwe eienaar as dinamies en hulle glo hy sal ’n reuse sukses van die onderneming maak.

Just Water se deure sal amptelik op Donderdag, 31 Oktober sluit.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Check Also
Close
Back to top button