Topleerders in die kollig by Warries-prysuitdeling
Hoërskool Warmbad het op Donderdag 10 Oktober hul topleerders van die jaar tydens die skool se lourierfunksie vereer vir prestasies in akademie, kultuur en sport.
Christiaan Vosloo is as Dux-leerder van 2019 en Warrie van die jaar aangewys. Hy het ses akademiese vakpryse ingepalm. Saam met hom is Paul Liddle, skoolhoof.
Hoërskool Warmbad het op Donderdag 10 Oktober hul topleerders van die jaar tydens die skool se lourierfunksie vereer vir prestasies in akademie, kultuur en sport.
Henrique Huisamen is vereer met die skool se hoogste kultuurtrofee. Henrique het vanjaar uitgeblink in die ATKV-redenaars, groepsdrama, nasionale eistedfodd-byeenkomste en hy het sy musiektalent op verskeie verhoë aangebied. Saam met hom staan Paul Liddle, skoolhoof.
Ofentse Mokwena is bekroon as sportleerder van die jaar. Hy het ook die wisseltrofee vir atleet van die jaar ontvang nadat hy hom die afgelope seisoen onderskei het op provinsiale byeenkomste. Paul Liddle, skoolhoof, het sy toekenning aan hom oorhandig.
Die diensleweringstrofee is aan Ruald Ferreira toegeken. Nick Louw, onderwyser, het die toekenning oorhandig.
Corné de Jonge het vakpryse vir lewensoriëntering (LO) en ingenieursgrafika en ontwerp IGO) ontvang en is ook aangewys as die skool se skaakleerder. Alet Erasmus, onderwyser, het die LO-prys oorhandig.
KT Sono het met die gesogte rugbytoekenning weggestap. Hy het vanjaar kookwater rugby gespeel en is tydens die Cravenweek uitgewys as ’n speler wat dopgehou moet word. Reinier Mostert, lid van die beheerliggaam het die trofee aan hom oorhandig.
Ricardo Booysen het vir die vyfde agtereenvolgende jaar die toekenning as krieketspeler van die jaar gewen. Ricardo het vroeg in sy skoolloopbaan al gewys dat hy ’n krieketspeler van formaat is. Fanus Jacobs, krieketafrigter, het die trofee aan Ricardo oorhandig.
Precious Shitlane is aangewys as die netbalspeler van die jaar. Sy was vir drie jaar deel van die skool se eerste span en is vyf keer gekies vir die Limpopo-span.
Andria Themistocleous is vir vier agtereenvolgende jaar vir die Limpopo-hokkiespan gekies en is as die skool se hokkiespeler van die jaar vereer. Lorize van Wyngaardt, onderwyser, staan saam met haar op die foto.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.