Hoërskool Warmbad se uitvoerende leerlingraad van 2021 het sommer vroeg die geleentheid gehad om hul vernuf en leierskap te toon met die organisering van die onlangse minikarnaval-pretdag. Die gr.7-leerders van Laerskool Warmbad het ook vir die Warries gaan kuier en gedeel in die pret. Die jongklomp het mekaar uitgedaag in handjietennis, TV-speletjies, minigholf, minihokkie en bordspeletjies. Die fotohoekie was baie gewild en herinneringe is daar op film vasgelê. Op die foto is ’n paar leer-
ders besig om bordspeletjies te speel.
Laerskool Nylstroom se leiers vir 2021 is aangekondig. Die seuns is Peet Bothma, Brendon Branford, Herman Kruger, Christiaan Knoetze en Neil Bosman. Agter hulle is AB van Tonder, Johan Bosch, Marnus Röntgen, Stefan van Heerden en Jaap Stolp. In die agterste ry is Erlu Fourie, Altus Roos, Roedolf Swart, Mario Opperman en Louis Erasmus. By die seuns is Anda Botha (links agter), leiervoog, Roelf Vorster, waarnemende skoolhoof en leiervoog Tiaan Bestbier (regs agter).
Die meisieleiers van Laerskool Nylstroom vir 2021 is Zualize Booyse, Dikeledi Moreroa, Anele Janse van Vuuren, Danica Vivier en Marelize Steenkamp. In die tweede ry is Shirley Maboa, Liandi du Plessis, Daniëlle Bruyns, Desiré Coetzee en Melissa Meyer. Heelagter sit Elandi van Staden, Amy-Jane de Villiers, Anri Briel, Luschke Fouché en Anell Scott. By die leiers is Anda Botha (links) leiervoog en Roelf Vorster (regs), waarnemende skoolhoof.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.