
Elize Bennett Lessing is aangestel as ontvangsdame en sekretaresse.

Sy is die afgelope 34 jaar betrokke in onderwys en was ook ’n leerkrag by Laerskool Roedtan. Sy is nou ’n inwoner van Modimolle en is vir die administrasie by die skool verantwoordelik.
Die skool het ook vir Monique Schoombie, ’n boorling van Pretoria, aangestel as studente-onderwyser in die grondslagfase met natuurwetenskap en Engels as haar spesialisvakke. Sy is tans besig met haar B.Ed-onderwysgraad.

Wynand Ferreira, ’n ou bekende van Bela-Bela, is aangestel om die leerders veilig met die skoolbus te vervoer. Hy sal ook in beheer wees van die onderhoud en instandhouding van die terrein en sportgronde.

Die skool het ook ’n bemarker, Madelein Nel, aangestel. Sy sal onder meer die sport- en kultuuraktiwiteite by die skool bestuur. Sy woon reeds sedert 2018 in Modimolle.
Nel was voorheen ’n kleuterskoolonderwyser en het ondervinding in onderwys vir leerders met spesiale onderwysbehoeftes. Sy het ook ondervinding in grafiese ontwerp en fotografie.