Laerskool Thabazimbi het sy nuwe beheerliggaam vir die volgende drie jaar verkies. Op die foto Karen Azar (sekretaris), Daniel Gildenhuys (ondervoorsitter), Maretha Joubert (voorsitter), Wessel Vosloo (tesourier) en Koos Venter (skoolhoof). Agter staan Nico Engelbrecht, Elmari Wentzel, Nico Greeff, Paul Els, Werner Breytenbach en Kobus van der Nest.
Laerskool Nylstroom het op Dinsdag 9 Maart ‘n nuwe beheerliggaam vir die volgende drie jaar verkies. Die beheerliggaam bestaan uit ouers en personeel en sal deel vorm van verskillende komitees wat die skool sal bestuur. Op die foto is Anda Botha (waarnemende adjunkhoof: akademie en kultuur), Mari Victor (sekretaris: akademie en kultuur), Delmarie Lourens (reklame), ds. Marike van der Merwe (voorsitter) en Elize le Grange (finansies). Agter is Johan Viljoen (geboue en terrein), Danie Human (ondervoorsitter en finansies), Adriaan du Plessis (sport), Roelf Vorster (skoolhoof), Martin Bloem (sport), Nico Stolp (geboue en terrein) en Marius Broodryk (voorsitter: finansiële komitee).
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.