Schools

Boekevat en kekkelbekke

Skole spog met hul kulturele en akademiese uitblinkers.

Jaco Scheepers, ’n onderwysstudent in sy vierde jaar aan die Noordwes Universiteit in Potchefstroom is op Woensdag 18 Oktober tydens die departement Opvoedkunde se prestige-geleentheid aangewys as die beste student in meganiese tegnologie. Hy het ook ’n meriete-toekenning ontvang. Scheepers het reeds keuring gekry om in 2024 sy honneursstudies aan die NWU aan te pak. Hy is ‘n oud-Nylie en die seun van Wynand en Lizzie Scheepers van Modimolle.

Dié slimkoppe van Laerskool Nylstroom is nie bang om agter die boeke in te skuif nie. Die topdrie in gr. 7 was Danelle Roos in die eerste plek, Ruben Lourens tweede en Ariesa Vosloo derde. Die ander akademiese presteerders was Dominique Blignaut, Paul du Plessis, Skalk Bothma, Bobby Nelson, Johan van Zyl, Alinke Swanepoel, Zardus Coetzee en Willie Nelson.
Die beste akademiese presteerders die afgelope kwartaal in gr. 5 was Tiané Strydom (eerste), Carla Erasmus (tweede), Deniel Bloem en Lize van der Walt (gesamentlik derde). Die ander leerders op die toptien was Gerard Roodt, Nicola van Zyl, Anesia Jordaan, Ruan Turvey, Michal Groothof en Luke Snyman.
Die Nylies se slimkoppies in gr. 4 is Isabella Swart (eerste), Arné Oosthuizen (tweede) en Sioné Lourens (derde). Die ander leerders op die toptien is Mckayla van Staden, Lurizé Mienie, Rousselle van Dyk, Leandri van Deventer, Eben Roets, Juan de Jager, Nayleé Deysel, Rohané Frick en Jordan Georgiades.
Spencer Matthysen het die meeste punte in gr. 6 bymekaar gemaak. La-Nika Viljoen en Christiaan Laubscher was op sy hakke. Die ander topakademiesepresteerders was Jacomien de Jager, Ebert van der Merwe, Grové Viviers, Mia Ferreira, Charné van der Colff, Schalk du Plessis en Arnu Grové.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button