Schools

Hansies word beloon vir harde werk

Die jaarlikse prestige-toekenningsaand van Hoërskool Hans Strijdom in Mookgophong is op Donderdag 19 Oktober gehou.

Leerders is tydens hierdie geleentheid vereer vir hul prestasies in kultuur, akademie en sport. Johanette Pretorius, departementshoof vir tale by die skool, het aan die stuur van sake gestaan en past. Quinton Kellermann van Die Bron AGS-gemeente in die dorp het die opening waargeneem.

Rinus de Jager, die skoolhoof, het in sy verwelkoming die leerders gelukgewens met hul prestasies en sterkte toegewens vir 2024.

Leerders wat uitmuntende diens aan die skool gelewer het, het ook toekennings ontvang vir verdienstelikheid. Marli Hoffmann (gr. 12) het Die Orde van Die Leeu -trofee ontvang vir haar toewyding teenoor die skool vanaf gr. 8 tot matriek. Rochelle Ruthven is as Dux-leerder aangewys.

Rochelle Ruthven ontvang die Dux-trofee van Lizel Swart (adjunkhoof: akademie).
Megan Cary-Smith ontvang die trofee vir sportleerder van die jaar (ekstern) vir haar gimnastiekprestasies. Die trofee is oorhandig deur Walkie Kruger (beheerliggaamslid).

“Ek is baie trots op elke leerder wat hul beste gelewer het. Dit is weer eens ’n bewys dat harde werk en lojaliteit vrugte afwerp,” het De Jager gesê.

“Dit was voorwaar ’n aand waarop die Hansie-leerders trots kan wees. Hoërskool Hans Strijdom bied geleenthede vir elke leerder om te presteer en gee erkenning aan alle leerders se prestasies,” het een van die ouers gesê.

Twee leerders, Lavoné Janse van Rensburg en Reuben van der Wall, het onder leiding van Karin Prinsloo ’n roerende sanguitvoering gelewer.

Caitlyn Hunter, hoofmeisie van 2023, is die kultuurleerder van die jaar (ekstern). Hanri de Jager oorhandig die trofee.
Hanri de Jager (kultuurhoof) oorhandig die kultuurleerder van die jaar (intern) trofee aan Zander Law wat ook die hoofseun vir 2024 is.
Lebu van Heerden oorhandig die Orde van die Leeu-trofee aan Marli Hoffmann vir haar volgehoue dienslewering aan die skool.
Cara Louw is aangewys as sportleerder van die jaar (intern). Sy het provinsiale kleure in atletiek, landloop en krieket verwerf. Lebu van Heerden oorhandig die toekenning.

At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.

Related Articles

Back to top button