Naboomspruit-gimnastiekklub se lede het op 15 en 16 September aan die Ekurhuleni Games SA-Aerialnastix in Benoni deelgeneem. Die klub spog met Divan de Bruin wat volpunte (10) in mini-trampolien behaal het. Gimnaste wat gekies is om Limpopo op Saterdag 14 Oktober by die Suid Afrikaanse-kompetisie te verteenwoordig is Ella Mashau, Kopano Makokela, Hannelien Annandale, Rielizma de Lange, Lienke Strauss, Divan de Bruin, Francous Lotterie, Shay Lee van der Merwe, LJ Bothma, Christelle Smal, Megan Cary Smith en Rene Smal. Landie van Wyk is die afrigter. Die gimnaste wat deelgeneem het, is Claire Jones, Zeané Horn en Leané Lotterie. In die tweede ry is Ella Mashau, Hannelien Annandale en Kopano Makokela. In die derde ry is Lienke Strauss, Francous Lotterie, Divan de Bruin, LJ Bothma en Rielizma de Lange. Agter staan Rene Smal, Christelle Smal en Megan-Cary Smith. Afwesig: Shay Lee van der Merwe en Lané Davey.
Euphorbia CO-skool se swemmers het puik presteer by die Interlaer-swemgala wat Donderdag 19 Oktober by Hoërskool Piet Potgieter op Mokopane gehou is. Die volgende swemmers het podiumplekke behaal: Wouter Venter, Livia Venter, en Luan Venter. Livia ontvang ook die beker as die beste junior meisie volgens die Hytek-tabel vir haar borsslag-item.
At Caxton, we employ humans to generate daily fresh news, not AI intervention. Happy reading!
Stay in the know. Download the Caxton Local News Network App here.